Frankfort De Wilge gastehuis is geleê op die oewer van die Wilgerivier in die dorpie Frankfort.
Frankfort De Wilge gastehuis is geleê op die oewer van die Wilgerivier in die dorpie Frankfort. Frankfort is in die Noord Oos Vystaat en so 150km van Johannesburg af. Ons gastehuis met sy lifelike uitsig op die rivier het in 2014 sy deure oopgemaak. (Die foto van die Wilgerivier op ons hoofblad is van die gastehuis afgeneem.) Die pragtige huis laat jou onmiddelik voel of jy op die plaas is. Ons hoogtepunt is ‘n heerlike Vrystaatse plaasontbyt wat vrugte, yoghurt, pap,wors,eier ,bacon en toast insluit
Ons hoop om met die plattelandse gasvryheid ons gaste tuis te laat voel en ‘n naweek weg van die gewoel te kom en geniet. Ons wil jou naweekhuis wees waar jy net kan kom ontspan. Onthou as jy een keer van die Wilgerivier se water gedrink het kom jy altyd weer terug vir nog!!!