* Luukse Akkommodasie
* Venue
* Wilds Besigtiging
* Jag pakkette
Kampfontein Gasteplaas is in die Karoo langs die N10, 10km van De Aar en 50km van Hanover af geleë.(Koordinate: 30°43'30.1"S, 24°04'12.1"E.)
Hierdie Gasteplaas bied vriendelike, luukse akkommodasie vir alle reisigers. Kampfontein Gasteplaas beskik oor 14 dubbel eenhede waarvan 7 "twin" eenhede is en 11 van die eenhede selfsorg is. Elke eenheid het n en suite-badkamer, DSTV, Lugversorging, yskassie, tee-en koffiemaakgeriewe asook badkamergeriewe. Gaste kan ook gratis WIFI gebruik.
Die Gasteplaas is toegerus met twee lapa's, n "Jacuzzi" leefarea, braaigeriewe en n swembad. kampfontein Gasteplaas is ook die huis van die welbekende "MEGA SPRINGBUCK" waar gaste verskillende wild van top genetika kan besigtig. Voorsit jagte kan bespreek word gedurende jagseisoene.
Kom geniet die Karoo rustigheid met asemrowende sonsondergange hier op Kampfontein Gasteplaas...